Ons het kos en klere gevat vir 12 babatjies & kleuters wat in 'n plek van veiligheid gehou word omdat hulle ouers hulle nie meer wil he nie...
Die mense wat hulle harte en beursies oopgemaak het om kos aan die minderbevoorregte mense te neem...
Bokkie van der Westhuyzen van die Wholeness span gaan bietjie met ons kom gesels oor "single wees"
Dis nie maklik nie en hoe pas jy jou waardes en standaarde in vandag se lewe? Daar erens daar buite is daar iemand wat opsoek is na iemand soos jy en jy moet net moed hou.
Kom kry bietjie nuwe gereedskap vir jou "dating toolbox" en sien met nuwe ywer uit na die toekoms terwyl jy jou single lewe geniet!
Indien jy belangstel om te kom, stuur asb 'n epos na 30Somethings@mosaiek.com
Ja nee, ons staan alweer einde van die jaar se kant toe. Ek het die “Liquid Lounge” bespreek sodat ons vir oulaas lekker saam kan kuier met die jong mense van Rosebank Union Church, Kerk Sonder Mure en Moreletta Park. Die koste is R350 per persoon en sluit ‘n 3 ure rit op die Vaalrivier en ‘n spit braai met slaai, groente, ens in. Julle is welkom om nou al die geld oor te plaas na Mosaiek se rekening, die besonderhede is:
As jy al ooit paintball gespeel het, sal jy verstaan waarom ek eerder vir ons 'n laser game reël... geen bloukolle nie!!!
Ons gaan hierdie Saterdagmiddag bietjie weer soos kinders rondhardloop en 'n laser game of twee speel. Dis baie veilig en jy kan nie seerkry nie. Daarna kan ons net so wel iets eet by een van die restaurante Bright Water Commons, siende dat ons dan nou reeds daar is.
Indien jy wil kom saamspeel, stuur asb 'n epos na 30Somethings@mosaiek.com
Hier is 'n geleentheid om nuwe mense te ontmoet en jou vriendekring bietjie uit te brei. Geen formaliteite nie, net 'n klomp jongmense wat na werk, Cafe Familia bied altyd 'n ligte aandete aan wat heel bekostigbaar is en ons kuier dan lekker saam, drink koffie en connect 'n bietjie.
Indien jy belangstel om te kom, stuur asb 'n epos na 30Somethings@mosaiek.com sodat ons weet vir hoeveel mense om reg te maak.
Kom spandeer tyd saam met ons op die grootheid van die heelal te besef...
Ons gaan besoek afle by Wits Universiteit se plannetarium (tyd mag dalk verander), indien jy belangstel om saam te kom, stuur asb 'n epos na 30Somethings@mosaiek.com
Ons beplan ‘n uitstappie na die Sterkfontein Grotte (R50) en of Maropeng (R100). Kyk solank hoe lyk jou dagboek en of jy dit wil bywoon en laat weet my deur 'n epos te stuur na 30Somethings@mosaiek.com