Die Expressing Hope Benefit Concert is 'n inisiatief van die Mosaïek
Die Expressing Hope Benefit Concert is 'n inisiatief van die Mosaïek Missional Expressions-span, om fondse in te samel vir hulle verskeie sosiale bemagtigingsprojekte. Kunstenaars sluit in Riana Nel, Joe Niemand, Helenè Bester, Liza Brönner en Melissa Bam. Asook die sterre van die musiekrolprente Pretville en Liefling: Marlee van der Merwe, Edrien Erasmus, Marno van der Merwe, Eugene Jensen en Nadia Beukes.