Die Tegniese Kunste span is 'n groep dinamiese vrywilligers vanuit die gemeente. As vrywilliger het jy geleentheid om jou talente te ontwikkel, nuwe mense te ontmoet en deel te word van die proses om ons dienste oudio-visueel toeganklik te maak op 'n vlak wat ongekend is in ons land.
Op die klank span leer jy hoe om die musikante op die verhoog te assisteer deur middel van professionele toerusting en die aanleer van klankmeng-tegnieke. Jy as klankvrywilliger maak deel uit van die belewenis wat geskep word tydens ons dienste deur jou talente en kennis aangeleer.
Ons beligting span is verantwoordelik om atmosfeer op die verhoog te skep deur verskillende elemente te belig. Hier kry jy ook die
Die Video span bring die visuele element nader aan die gehoor. Hulle maak seker dat als so sigbaar moontlik is. Hulle talente en kreatiewe denke is ‘n wen resep as dit kom by konneksie vorming reg deur die belewenis.
Die multi-media bediening is soveel meer as net woorde op skerm, hierdie is die ouens wat seker maak dat die regte inligting op die regte oomblik op die skerms vertoon.
Die tolke is die span wat ons dienste aan ‘n wyer gehoor toeganklik maak. Hier