Onderwerp “Origins”

Origins

Origins ... Mosaïek se Retreat-sentrum

Vir dekades droom ons reeds daaroor ... om ’n forum te skep vir vernuwing en transformasie: en ons kon ’n besondere ruimte, geleë in die Krip van die Mensdom, bekom.
’n Spasie wat geleenthede skep om te onttrek, ’n pelgrimstog te onderneem en bergtopervarings te beleef. Retreats speel ’n groot rol in mense se geestelike journeys – en daarom word dit oorwegend meer in ons gemeentekultuur ingebou. Ons wil die eeue-oue praktyk van eenkantkom meer deel maak van ons lewensritme. Dit is belangrik om onsself af te sonder, stil te word en op God te wag. Dit is immers wanneer die Bybel ons vertel ons krag sal ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak. Die fasiliteite, wat ons Origins herdoop het, bied ’n deurlopende uitnodiging na die wortels van ons geloof, wat deur Jesus en talle ander geloofshelde versinnebeeld is: afsondering, eenkantkom, stilword, gebed ...

Vir enige navrae oor Origins, kontak gerus vir retreats@mosaiek.com .

Vir die volledige brosjure oor Origins, laai gerus die PDF-dokument hier af.

Kyk hier vir Origins op Google Maps

Laai gerus hier 'n PDF-dokument van die aanwysings na Origins af.
X
Loading