Kleingroepe

Kleingroepe

Kleingroepe is ruimtes om Jesus te volg saam met ander. ‘n Beweging van isolasie na community.   Soos ons die lewe intensioneel deel, tree ons op as spieëls vir mekaar. Ons leer onsself beter ken en hoe die mooi en skadu-kant te omarm. Kleingroepe loop saam, leer saam en het saam lief. Groepe word saam stil om ‘n Skrifgedeelte, ontwikkel hulle verbeelding om daarin te leef, en deel hulle journey met God.

Mosaiek kleingroepe kom weekliks bymekaar in huise regoor die die groter Johannesburg omgewing. Elke kleingroep verskil in samestelling, lewensfase en werkswyse. Kleingroep-lewe strek van die bestudering van die Skrif, gebed, boeke lees, ander dien, ondersteun, saam ontspan en ‘n ete deel - elkeen is uniek tot die groep.

Ons help jou graag om ‘n geskikte groep te vind. Vir meer inligting rakende kleingroepe, stuur gerus 'n epos na magdab@mosaiek.com

Artikels

X
Loading