Onderwerp “Community”

Community

Community

Mense is op verskillende plekke in hulle geestelike reis en gevolglik sal hulle behoeftes m.b.t. community verskil. Die volgende verduideliking kan help wanneer ’n keuse vir ’n tipe groep gemaak word...

3 verskillende groeperings in Mosaiek community nl:

  1. Communio is ’n samekoms van mense wat net bymekaar wil wees en saam wil groei, bv kleingroepe, luistergroepe.

  2. Koinonia is ’n samekoms van mense wat bymekaar kom om mekaar te ondersteun in die gesondmakingsproses, bv ondersteuningsgroepe by Wholeness.

  3. Communitas is ’n samekoms van mense wat bymekaar kom om saam iets te gaan doen, bv belangegroepe, projekgroepe.

Ondersteuningsgroepe

 Ondersteunings- & belangegroepe:

  • Gebedsbediening
  • Depressie-ondersteuningsgroep
  • Enkel-ma's
  • Siekesorg
  • Diabetes-ondersteuningsgroep
  • Senior bediening

Mosaiek aandmark

13/06/2014 14:00
13/06/2014 22:30

Kom deel in community Vrydagmiddag/aand, by Mosaiek, in die Communio.

Heerlike eetgoed, ander stalletjies en die wereldbeker sokker op 'n grootskerm.

Ons kuier net lekker saam!

METwaarts

METwaarts

Mosaiek gholfdag

24/05/2013 11:30

Kom neem deel aan ons jaarlikse gholfdag.

Vrydag, 24 Mei, Parys gholfbaan.

Kontak magdab@mosaiek.com

 

Bediening-Expo

27/01/2013 09:30
27/01/2013 21:00

Die bediening-Expo bied jou die geleentheid om meer uit te vind van die verskeie bedieninge, asook waar jy as medewerker kan inskakel sodat jy jou passies en gawes kan uitleef.

Piekniek op die Piazza - aandmark

25/01/2013 16:00
25/01/2013 22:00

Kom kuier saam met familie en vriende! Bring gerus jou eie piekniekmandjie, OF kom vul jou mandjie met lekkernye van verskeie stalletjies! Live music sorg vir 'n ontspanne atmosfeer.

Community Retreat: Sielsvriende op die journey

24/08/2012 17:00
26/08/2012 13:00

Jy word uitgenooi na n retreat wat deur die Community span begelei word.

Hierdie is n geleentheid waar jy...

...weer jouself kan vind,

...verder kan reis op jou eie journey,

...net weer kan stil word,

...by God kan uitkom.

 

Die Retreat vind plaas by Origings, en plek is beperk

Kontak Magda Botha by 011 268 4704 of magdab@mosaiek.com vir meer inligting

X
Loading