Kom deel in ‘n spesiale dag van omgee saam met die inwoners van Forest Farm (meer inligitng tov Forest Farm aangeheg). Daar is ‘n baie spesiale verrassing in die vorm van die allerbeste vermaak deur 'n wonderlike kunstenaar vir die inwoners gereël. Kom help gerus om eetgoed uit te deel en om die inwoners spesiaal te laat voel.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees en deur tyd saam met hulle te spandeer, betoon ons Jesus se onvoorwaardelike liefde aan hulle.
Datum: Saterdag, 15 Mei 2010
Forest Farm is ‘n tehuis vir serebraal gestremde volwassenes. Hierdie mense is baie blymoedig en waardeer aandag en so bietjie liefde. Dit gaan ‘n inspirerende besoek wees….
Ons volgende kuier aand sal Saterdag, 13 Februarie 2010 plaasvind
Daar gaan ‘n optrede wees en ook ‘n klein dansvloer…
Cattle Baron Grill House Northcliff,