Bokkie van der Westhuyzen - Maatskaplike Werker/ Berader, Imago Verhoudingsterapeut en Werkswinkel Aanbieder

Bokkie van der Westhuyzen is 'n Verhoudingsterapeut (Imago gesertifiseer) en Maatskaplike Werker/Berader by Wholeness@Mosaiek.

Bokkie bied algemene berading aan asook werkswinkels rondom verhoudings, ouerskap en selfgroei vir individue. 

Werner Human - Leier: Pastorale sorg by Wholeness

Werner Human is tans die leier van die Pastorale Sorg-been by Wholeness. Hy is ‘n dosent in Psigologie aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is ook besig met sy Doktorsgraad in Adult Attention Deficit Hyperactivity Disorder.

By Wholeness fokus Werner op een van sy belangstellings, psigoterapie, asook ondersteuningsgroepe, berading vir pare en individue, egskeiding, kliniese werk, leierskap en die ontwikkeling en voorlegging van leerervarings.

Voorhuwelikse kursus / Pre-marital Course

Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, se span bied 'n ses weke voorhuwelikse kursus aan.

Vir meer inligtig, kontak Kinny Sinden-Combrinck op 011 215-7209 of by kinnys@mosaiek.com.

The team at Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, presents a six week pre-marital course.

For more information cantact: Kinny Sinden-Combrinck on 011 215-7209 or at kinnys@mosaiek.com

Enkelma Ondersteuningsgroep - Single Mother Support Group

Wholeness @ Mosaiek se pastorale span het 'n ondersteuningsgroep vir enkelma's. Die fassiliteerders van die groep is Christa Beukes en Nerina Reinach en hulle vergader elke Vrydagaandaand in the kwartaal by Mosaiek, in Fairland, Johannesburg in die Genesis gebou. Die kinders word in Chapter 3 geakkomodeer en die ma's in Chapter 4. Die byeenkomste begin 18H45 en eindig om 21H15. Hou die events op die webwerf dop vir spesieke datums en gebeure.

Vir navrae kontak Christa op 082 929 9342 of op christa.beukes@gmail.com of vir Nerina op nerinar@mosaiek.com

Gebedsversoeke

Mosaïek beskik oor 'n span voorbidders wat vir jou of 'n naaste kan bid, sou jy dit benodig.

Neels van der Bergh is verantwoordelik vir die koördinering van gebedsversoeke en vir gesprekke en voorbidding na afloop van die Sondagdienste in die Klipkerk.

X
Loading