Onderwerp “Wholeness”

Welkom by Wholeness

 



Wie, wat en waar!

‘Wholeness' vorm ‘n integrale deel van Mosaïek se visie om op ‘n missionêre wyse saam met ander mense te groei in die kuns van die lewe.

‘Wholeness' is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie, Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.

‘Wholeness' se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness' Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.

Welkom by Wholeness

  

Wholeness’ vorm ‘n integrale deel van Mosaïek se visie om op ‘n missionêre wyse saam met ander mense te groei in die kuns van die lewe.

 

‘Wholeness’ is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie, Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.

‘Wholeness’ se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness’ Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.

Ons glo om werklik die kuns van die lewe te bemeester is baie makliker wanneer ons meer heel en gesond is op alle vlakke. Alle professionele dienste, bedieninge, aktiwiteite en kursusse wat vanuit ‘Wholeness’ voortkom, is gemik daarop om menswees te integreer op ‘n fisiese-, emosionele- en geestelike vlak.

 

Die vier diensbene waarop ‘Wholeness’ by Mosaïek rus is dan die:

  • FisieseDit sluit tradisionele Westerse Mediese dienste in soos ‘n mediese praktyk, dieetkunde en biokinetika. Op die aanvullende en alternatiewe geneeskunde kant is daar dienste soos leefstyl afrigting rondom voeding en oefening, asook homeopatiese dienste, en ‘n ‘Groen Apteek’ wat aanvullende middels en vitamiene aanhou.

  • EmosioneleDienste op hierdie vlak sluit in ‘n Psigoterapeutiese praktyk asook Lewens afrigting (Coaching) en Finansiële afrigting.

  • GeestelikeDit omvat dienste wat ressorteer onder Pastorale sorg soos siekesorg, pastorale berading, ens.

  • Verhoudings - Kursusse en naweek "retreats" om pare.

Baie dankie dat jy jou tyd afstaan om meer te wete te kom van ‘Wholeness’ by Mosaïek. Ons sal so graag jou op jou lewensreis na groter heelheid wil vergesel. Saam kan ons so die kuns van die lewe bemeester. Besoek asseblief al die fasette van Wholeness op hierdie webblad.

Beradingsblog vir die American Association of Christian Counselors

Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness skryf 'n maandelikse beradingsblog vir die American Association of Christian Counselors en jy kan daarna gaan kyk by www.aacc.net.

American Association of Christian Counsellors International Conference 2013

Ons span vanuit die Sielkundige - en Terapeutiese dienste by Wholeness@Mosaiek, Dr Johan Ferreira en Truida Botha, se aanbiedinge by die AACC in Nashville, VSA, het goed afgeloop en ons het baie goeie terugvoer ontvang oor die multi-professionale spanproses wat hier by Wholeness gevolg word vir die behandeling van die gemeenskap.  

Sielkundige dienste by Wholeness@Mosaiek

Dr Johan Ferreira en Truida Botha, Sielkundiges by Wholeness@Mosaiek se praktyke het heropen vir 2013.  Pikkie Haasbroek is by ontvangs en kan gekontak word op 011 215 7209 vir verdere navrae.

Psigoterapie of medikasie? Wat help vir depressie.......

Depressie simptome het soms die geneigheid om oor 'n lang tyd in persone se lewens te begin wys.  Dit maak dit soms moeilik om agter te kom hoe ver die pad na 'n depressiewe gemoed al gestap is.  Depressie behandeling is meestal 'n kombinasie van die regte medikasie, die regte dieet, 'n oefen roetine en 'n terapeutiese proses.  As jy vermoed dat jy depressief is, kontak gerus die Wholeness Sentrum by Mosaiek (011 215 7209) vir 'n evaluasie.  Lees gerus oor die geval deur op die onderstaande skakel te kliek.

Depressie is die sielkundige fokuspunt op Maatband hierdie week. Dr Johan Ferreira wys die simptome van depressie uit.

Dr Johan Ferreira wys die simptome van depressie uit op Maatband hierdie week op KykNet, kanaal 144 op DSTV.

 

Besoek die Maatband webwerf by: www.maatband.co.za

Hierdie week op Maatband (KykNet gesondheidsprogram) gee Johan Ferreira 'n paar insigte oor slaaploosheid

Tydens hierdie week se episodes van Maatband op KykNet gee Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek 'n paar wenke en insigte rondom die moontlike oorsake, oplossings en terapeutiese ingrepe rondom slaaploosheid.

Kyk ook by www.maatband.co.za

X
Loading