Baie geluk
God het julle uitgekies om ouers te wees vir julle baba. ‘n Wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.
Wanneer ons, ons kindjie aan die Here toewy, vra ons vir Sy leiding, seën en beskerming. Dit is ook ‘n verbintenis om as ouers te doen wat Hy van ons verwag. Ons bely dat ons in ‘n verbintenis met God en Sy Woord wil leef en ons kindjie met Sy liefde grootmaak.
Algemene inligting
Toewyding vind
gewoonlik die laaste Sondag van elke maand plaas (behalwe Januarie, April en Desember). Registreer asseblief voor of op die 1ste van die maand waarin jy jou kindjie wil toewy. Onvolledige registrasies, (sonder foto) en registrasies wat daarna ontvang word, moet ongelukkig oorstaan tot die volgende maand se toewyding.
Gewoonlik op 'n Saterdag, 2 weke voor die toewydingsdatum, vind ‘n verpligte toerustingsessie plaas. Toerustingsessie word aangebied in die Genesisgebou
08:30 tot 10:30. Dit is ‘n saam gesels-geleentheid, propvol inligting, asook die geleentheid om julle as ouerpaar met God af te sonder in die Klipkerk, waar nagmaal bedien en ‘n spesiale gebed gedoen word. Mosaïek sien hierdie byeenkoms as deel van die toewydingsgeleentheid.
Sodra ons die volledige registrasie ontvang het (voltooide registrasievorm en foto), sal ons u kontak met verdere reëlings.
Vir enige verdere navrae, kontak Raymond Nell (
raymondn@mosaiek.com of 011 268 4723).