Formatio wil jou begelei om deel te raak van Die Journey en om verder hierop te groei. Die Journey behels ’n lewenslange proses van formasie om te groei in die persoon wie jy geskep is om te wees: die beeld van God.
As deel van Die Journey is daar twee geleenthede waarby jy kan inskakel:
'OP REIS met die journey' is 'n interaktiewe leerervaring waar ons jou die geleenteid bied om op 'n ses-week reis van groei te gaan in die drie bewegings: OP/INwaarts, METwaarts en UITwaarts. Hier is vir jou 'n geleentheid om saam met ander verder op die reis te groei in jou verhouding met God, ander en die wêreld. Verken, ontdek en vleg vir jouself 'n ritme vir jou lewe en spiritualiteit.
Met Trevor Hudson, Jacques Bornman, Roelof Nel en Jeanetta Basson.
Registreer gerus hier.
Wil jy ‘n verskil maak, maar voel onseker, en weet nie hoe nie? Wil jy ’n sinvolle bydrae lewer? Watter rol speel jou gawes (wat?), passies (waar?) en jou persoonlikheid (hoe?) in hierdie besluit? By UITwaarts, begelei Jeanetta Basson, Johan Beukes en Jacques Bornman ‘n gesprek rondom hierdie beweging, waar jy ’n stap in die rigting kan neem om jou plek te ontdek.
Leerervarings:
Om jou verder te begelei op die beweging bied ons die volgende interaktiewe leerervaringe.
Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel by 011 215 7202 of barettan@mosaiek.com.
Die Bybel praat baie daaroor dat ons lewe ander volgers van Jesus moet insluit – dis Community. Maar waar? En hoe? En hoe lyk hierdie connection?
Leerervarings:
Stiltetyd (Eerste tree) met Trevor Hudson
Op/Inwaartse beweging (met God)
We will explore one of the oldest and most commen ways in which people have sought to listen to God
Skill: Reading, Praying, Meditation
Practice: Lectio Divina
Datums: 24 Januarie; 13 Junie; 12 September en 31 Oktober
Pathways (Verdere stappe) met Johan Geyser
Op/Inwaartse beweging (met God)
Jou uniekheid word verken om die invloed wat dit op jou verhouding met God het te verstaan
Vaardigheid: Unieke toegangsroetes
Praktyk: Sabbat / Regula
Datum: 11, 18 en 25 Maart
Regula (Verdere stappe) met Johan Geyser
Op/Inwaartse beweging (met God)
Ons gaan saam reis oor hoe om ons geestelike lewe bymekaar te bring sodat ons kan groei na heelheid
Vaardigheid: Aandagskenk
Praktyk: Examen / Cycle of Grace
Datum: 02, 09 en 16 September
Konneksie (Eerste tree) met Werner Teichert
Metwaartse beweging (met mekaar)
Ons ontdek die kuns om n konneksie te bewerkstellig en veiligheid in die spasie tussen mekaar te skep
Vaardigheid: Luister / Konneksie
Praktyk: Dialoog
Datum: 03, 10 en 17 Junie
Besluitneming (Verdere stappe) met Jacques Bornman
Metwaartse beweging (met mekaar)
n Bybel gefundeerde manier tot besluitneming wat deur die eeue die toets van die tyd deurstaan het, word ondersoek
Vaardigheid: Reflekteer
Praktyk: Onderskeiding
Datum: 12, 19 en 26 Augustus
Florerende Verhoudings (Verdere stappe) met Werner Human
Metwaartse beweging (met mekaar)
Die uitdaging hoe om konflik te hanteer en die maniere om harmonie in verhoudings te bewerkstellig, word verken en beoefen
Vaardigheid: Frustrasie dialoog, Vergifnis, Waarheid in liefde spreek
Praktyk: Matteus 18 pad
Datum: 22, 29 Julie en 05 Augustus
Ontdek jou plek (Eerste tree) met Johan Geyser en Wilma Geyser
Uitwaartse beweging
Jou unieke goddelike samestelling: Wat jy kan doen (gawes), Hoe jy dit doen (persoonlikheid) en waar jy dit kan doen (passie), is onder die kollig
Vaardigheid: Self aanvaarding / Bediening
Praktyk: Diensbaarheid
Datum: 13, 20 en 27 Mei
Persoonlike Finansies (Verdere stappe) met Koos du Plessis
Uitwaartse beweging
Ons gaan fokus op die individu se geld persoonlikheid en die basiese beginsels om jou te help om jou geldsake beter te bestuur
Vaardigheid: Verdien, Gee, Spaar
Praktyk: Rentmeesterskap
Datum: 11, 18 en 25 Maart / 23, 30 September en 07 Oktober
Alpha (Eerste tree) deur Jeanettta Basson
An oppertunity for the first step to explore the meaning of life
Skill
Basic skills ffor understanding the Christian faith
Practice
General practices of following Jesus
Ander kursusse
Persoonlikheid volgens die DISC Persoonlikheid meetinstrument met
Wlma Geyser
(Op/Inwaartse beweging)
Leer ken jouself met DISC as n meetinstrument. Ontdek die invloed van jou persoonlikheid op hoe jy inpas in verskillende kontekste en aanpas by verskillende situasies. Ontwikkel n beter verstaan en waardering van die mense in jou lewe se persoonlikheid.
Vaardigheid: Verstaan jouself en ander beter
Praktyk: Taak / Mens georienteerdheid
Datum: 04, 11 en 18 Maart / 12, 19 en 26 Augustus
Strengths met Wilma Geyser
God het n missie vir ons elkeen en Hy roep jou om die visie van jou lewe vanuit jou sterkpunte te begin leef
Vaardigheid: Visionering
Praktyk: Roeping
Datum: 03, 10 en 17 Junie / 16, 23 en 30 September
Nuwe Testament deur Stephan Joubert
Openbaring
Datum: 03, 10 en 17 Junie
Vir meer inligting oor leerervarings, kontak gerus vir Charmaine Austen-Dreyer / 011 215 7202, of maak van hierdie registrasievorm gebruik.
As jy n vennoot wil word by Mosaiek, registreer gerus hier vir Kompas, "n Verkenning van die journey saam met Mosaiek". Johan Geyser begelei n gesprek rondom kerkwees, die unieke roeping van Mosaiek en ons spiritualiteit, asook diversiteit van bedieninge in die gemeente.
Formatio streef daarna om ’n Learning Community te skep op Woensdae-aande op die Mosaïek-kampus. Hier sal deur middel van interaktiewe leergeleenthede ruimtes geskep word waar voortdurende groei in elke medereisiger se totale menswees kan plaasvind. Die doel is dat elke Mosaïeker kan groei na die persoon wie hy of sy geskep is om te wees: iemand wat leef met 'n diep bewustheid van God, iemand wat leef in community deel, om sodoende die wêreld ’n beter plek te maak.
Formatio fasiliteer groei deur met ander bedieninge hande te vat, wat dan sodoende waarde toevoeg tot jou elke dag se lewe op pad na ’n wholisties-geïntegreerde spiritualiteit. Interaktiewe leerervaringe word aangebied in lyn met Mosaïek se visie om ’n biddende, missionele gemeenskap te wees.
Ons poog om jou toe te rus met kennis (die wat), insig (hoekom dit belangrik is) en vaardighede (die hoe) van die journey.
Hou gerus die InKontak dop vir opkomende kursusse of kontak vir Charmaine Austen-Dreyer by 011 215 7202 of academi@mosaiek.com.
Meer inligting oor hierdie retreat.