Lydenstyd kulmineer in Heilige Week (13-17 April 2014), met Goeie Vrydag en OpstandingSondag. Hierdie naweek is 'n groot baken in ons geloof – vir wat dit vir ons verteenwoordig. 'n Hele aantal gedenk- en vieringsgeleenthede word vir die tyd beplan: Kruisstasies, kunsuitstallings en daaglikse Klipkerkbyeenkomste wat Jesus se laaste week voor sy kruisiging onthou.
Die herinneringsdiens is vir mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het, of op enige ander manier verlies ervaar het. Hierdie diens is gemik daarop om jou te help in die wag-periode & om op God te vertrou vir ’n wonderwerk. Kom neem saam met ons afskeid op hierdie donker-Saterdag, met die hoop dat die Opstanding die belofte is.
Kontak Jacques Bornman jacquesb@mosaiek.com/011 2684708 vir meer inligting
Breedvoerige inligting oor aktiwiteite wat beoog word vir Heilige Week 2013
Meer oor die Dag van Stilword en Eenkantkom by Origins, op 30 Maart 2013 - gefasiliteer deur Johan Geyser.
'n PDF met kort opsommende inligting van wat vir Paasfest 2013 beoog word.