Ons vriende by World Relief is tans besig om te help na die laer-as-verwagte reënseisoen, die droogte in Somalië en ander omliggende gebiede in die horing van Afrika, verleng het, en 'n hongersnood en voedselkrisis tot gevolg het. Deur hulle 'Stand for the Devastated'-inisiatief kan jy 'n bydrae wat deur die organisasie en hulle plaaslike vennote en gemeentes die behoeftiges in die area dien.
SIYAFUNDA WORKSHOP
Break away session topics:
1. Managing volunteers
“There is a growing willingness and need amongst individuals to become involved in social causes in a more personal way. The session will explore the practicalities of managing volunteers ensuring their passion and skills are facilitated to contribute to the cause of your organisation”
Embark Foundation het op Vrydag 5 Augustus, in samewerking met die Putco Foundation, die dames van plaaslike polisiestasies by Mosaïek ontvang vir 'n heerlike bederf, as deel van die Vroue Dag-vierings.
Om 9:00 het hulle 'n Klipkerkdiens bygewoon wat aangebied is deur Jeanetta Basson, van Mosaïek se Missional Expressions. Die tema vir die dag was “Put ‘n little love in your heart”.

Die Amerikaanse Presidentsvrou, Michelle Obama, het op Dinsdag 21 Junie die Golang laerskool by die Emthonjeni Gemeenskapsentrum in Zandspruit besoek. Me. Obama, wat vergesel was deur haar twee dogters, Malia en Sasha, en haar ma, Marian Robinson, het die skool besoek om vir die kinders van Golang te lees. Die fokus van haar besoek aan Suider Afrika val op jeug-leierskap, gesondheid en opvoeding.
Na hulle aankoms om 15:30, is hulle begroet deur die kinders met 'n paar liedjies. Na die warm verwelkoming het Me. Obama vir die kinders gesê dat hulle vir die skool 'n geskenk gebring het: "Ons het vir julle baie boeke gebring, van my gunstelinge, van die president se gunstelinge, van Malia en Sasha se gunsteling boeke. Maar ons wil vir julle een van ons gunsteling boeke lees." Die Obama's het 200 boeke aan die skool geskenk.
Die Presidentsvrou en haar twee dogters, wat op blou plastiek stoeltjies gesit het, met die kinders voor hulle op die gras, het vir hulle Dr. Suess se The Cat in the Hat gelees. Net voor hulle vertrek het die hele familie saam speletjies gespeel en in 'n groot sirkel gedans, terwyl die kinders hulle 'n paar kwaito en pantsula dansies geleer het.
Vroeër die dag het die Obama's die Nelson Mandela Stigting besoek, en hulle het selfs 'n verrassings-uitnodiging gekry om Mnr. Mandela te besoek by die voormalige president se huis in Houghton.



Results for People Project 2011
We would like to thank our congregation for making a difference by providing food to people in need in our communities. So many people die of malnutrition each year. From 9 March 2011 to 24 April 2011 we collected canned food which was distributed during 4 Pilgrimages, to our various community projects. Through the People Project we helped alleviate hunger in our own communities.
The results of this project for 2011.....
± 4 800 cans of food were donated
Mosambiek Uitreik 17 - 24 September 2011
Mosaiek is nou al meer as 10 jaar in Mosambiek betrokke. In die Suide van Mosambiek, in die Gaza provinsie is daar baie goeie vordering: Meer as 20 gemeentes, meer as 1000 lidmate, ‘n paar kerkgeboue, reuse opleidings sentrum en nog baie meer. Dit is danksy bydraes van die sendelinge, en in besonder bydraes van vrywilligers van ‘n paar SA gemeentes.
Mosaiek se volgende uitreik is van 17 tot 24 September 2011. Word deel van die geseënde aksie.