Onderwerp “Spirituele begeleiding”

Meer oor Spirituele begeleiding.

Spitiruele begeleiding

Spirituele Begeleiding

Mosaïek bied graag Spirituele Begeleiding aan vir enige persoon wat hierin belangstel. Hierdie bediening onder leiding van Neels van der Bergh is ‘n integrale deel van Pastorale Sorg.

’The purpose of spiritual direction is to help another person deepen their relationship with God in Christ and to discern how to live out of this relationship. The focus is the experience of the other person especially their experience of prayer.’ – Trevor Hudson

In kort behels Spirituele Begeleiding dat persone in 1:1 sessies met `n begeleier verskeie gesprekke voer. Die begeleier is ‘n verantwoordelike persoon wat geroep is tot hierdie bediening en opgelei is vir die taak om begeleiding te doen. Eintlik is die Heilige Gees die Groot Spirituele Begeleier! So, beide die begeleier en die begeleide kom saam, ingestel om die Gees se leiding en bewegings in die reis van die begeleide te onderskei vanuit so `n vertroulike gesprek. Sulke ‘sacred’ gesprekke of sessies vind plaas by Mosaïek.

Afsprake en navrae kan gerig word aan Kinny Sinden-Combrinck by 011 215 7207 of kinnys@mosaiek.com .

X
Loading