Mosaïek skaakklub is nog in sy babaskoene. maar ons verwag groot dinge in die volgende paar seisoene. Die skaakklub kom elke Maandagaand om 19:00 bymekaar in die Genesis-gebou en dan spook ons sake uit.
Vanjaar het Mosaïek deelgeneem aan die Gautengse Skaakliga – Ons het net een span ingeskryf, maar volgende jaar beoog ons om twee spanne in te skryf.
Almal is welkom om by ons aan te sluit, selfs persone wat glad nie kan skaak speel of net wil kom leer. Sou jy belangstel, kontak vir Clem Smith tydens kantoorure by 011 268 4719 vir verdere inligting.