Ouderlinge
Daar word in die Skrif verwys na hierdie verdere funksie in die gemeente, naamlik die funksie van oorkoepelende leierskap. Dit wil nie voorkom asof almal wat pastoraal of lerend bedien noodwendig ook hierdie funksie moet of
Ons ouderlingverkiesing is daarom gefokus om 'n paar ouderlinge te identifiseer wat saam met die leierleraar spesifiek verantwoordelikheid sal neem vir die volgende oorkoepelende leierskapsfunksies:
Hiermee word bedoel dat dit die ouderlingsraad se verantwoordelikheid is om toe te sien dat beroepe uitgebring word vir die behoorlike versorging en bediening van die gemeente. Die ouderlingsforum neem ook die verantwoordelikheid op om as finale gesag op te tree in verhoudingsgeskille na die Matteus 18-pad gevolg is. Die toepassing van tug en die bemiddeling van herstel is verder ook deel van die ouderlingsraad se verantwoordelkheid.
Hiermee word bedoel dat die ouderlingsforum moet waak oor die suiwerheid van leer in die gemeente. Die bedoeling is nie dat pesone op hierdie raad amptelike teologiese opleiding moet hê nie, maar dat hulle gesonde kennis van die Skrif sal hê. Die ouderlingsforum besin in samewerking met die preekspan veral oor gebalanseerde, relevante lering en neem ook 'n ‘waghond’-rol in om te verhoed dat fanatiese of dwalende elemente die gemeente skade
Hiermee word bedoel dat die ouderlingsforum verantwoordelikheid neem vir die drome en mikpunte van die gemeente. Die ouderlinge sal ook verantwoordelik wees om toe te sien dat die begroting die visie ondersteun. Dit behels ook die waaksaamheid dat strukture en prosesse in plek is om dit waarheen die gemeente mik, in goeie orde en met gesonde bestuur gefasiliteer
Voor die hand liggende eienskappe van enige ouderling is natuurlik karakter en toewyding soos deur die Bybel voorgeskryf (vergelyk Titus 1:5-9; 1 Timoteus 3:1-7; 1 Petrus 5:1-3). Vir die doel van ons ouderlingsforum is eienskappe en ondervinding wat ’n persoon geskik maak om bogenoemde take as deel van ’n eensgesinde span te
Dit word verwag dat u die persone wat u nomineer redelik goed ken. 'n Nominasie sal ook slegs geldig wees indien u bevestig het met die persoon wat deur u genomineer word dat hy of sy wel beskikbaar is om op die ouderlingsforum te dien. Slegs gemeentelede
Ná 'n keuringsproses en 'n geleentheid vir beswaar teen voorgestelde lede van die ouderlingsforum, sal die nuwe ouderlingsforum aan die gemeente voorgestel word.
By hierdie afsonderingsgeleentheid het die ouderlinge se reis om God se droom vir Mosaiek te onderskei begin. Ons het gepeins oor Moses se lewe en geidentifiseer oor sy groeiende selfbewussyn op grond van refleksie, sy roepingsbewussyn, sy beperkinge en sy vertroue in God. Moses het ook aandag gegee aan die brandende bos en toe het God met hom gepraat.