Afsonderingsgeleentheid van ouderlinge van Mosaiek by Origins 7 tot 9 April 2011
By hierdie afsonderingsgeleentheid het die ouderlinge se reis om God se droom vir Mosaiek te onderskei begin. Ons het gepeins oor Moses se lewe en geidentifiseer oor sy groeiende selfbewussyn op grond van refleksie, sy roepingsbewussyn, sy beperkinge en sy vertroue in God. Moses het ook aandag gegee aan die brandende bos en toe het God met hom gepraat. Die vraag het by ons onstaan “ gee ons aandag aan die brandende bosse in ons eie lewe sodat God Met ons kan praat?” “ Wat brand in ons harte?” “Watter sake gee vir ons vertroosting en watter sake veroorsaak wanhoop?” In kontemplasie vind ons rus. Deur bewus van God in ons alledaagse lewe te wees en Jesus se weg te kies beleef ons oorweldigende vrede, vreugde en liefde in ons lewe.
Ons stiltetye was ‘n sleutel in die begin van ons onderskeidingsreis. Ons persoonlike belewenisse in hierdie tyd was ‘n diep bewuswording van God se allomteenwoordigheid, ons het ook in sy lig perspektief ontwikkel oor werksuitdagings, die belangrikheid van huweliksverhoudings en gesinne en ‘n diepe dankbaarheid oor God die Vader, Seun en Heilige Gees se werking in ons en andere se lewe. Ons het ook begin om brandende bosse as bakens te identifiseer om verder te onderskei en te ondersoek vir Mosaiek vorentoe.
Ons het lekker geeet, mekaar persoonlik beter leer ken en ‘n waardering vir mekaar ontwikkel. Ons almal se slotsom was dat ‘n kontemplatiewe lewenstyl noodsaaklik is. Soos die eerste twee sinne in die Japanese vertaling van Psalm 23 aandui “The Lord is my pacesetter I shall not rush. He makes me to pause and rest for quiet intervals…” (Ons hoop julle is nuuskierig oor die res van die vertaling!).
Ouderlinge: Johan Geyser, Tiaan Willemse, Marius van der Westhuyzen, Donald Platt, Hennie Burger, Ian Merrington, Rita Nawn, Sophia Steyn, en Marie Poggenpoel.
12 April 2011