Onderwerp “Gemeentetuiste”

Meer inligting oor die fasiliteite en perseel van Mosaïek in Fairland.

Die Gemeentetuiste van Mosaïek

Mosaïek het hulle huidige gemeentetuiste wat in Fairland geleë is, op 13 Maart 2004 betreë, en amptelik op 9 April 2004 ingehuldig. 

Die fasiliteite bestaan uit 'n aantal geboue wat 'n sentrale Piazza met 'n fontein omring. 

Soos met die naam waarna die gemeente vernoem is, is daar verskeie kunswerke dwarsoor die fasiliteite sigbaar: van mosaïek-teëlwerk in die vloere, loodglasvensters wat die Klipkerk versier, 'n standbeeld deur Anton Smit, verskeie kunsuitstallings wat dwarsdeur die fasiliteite sigbaar is; is die argitektuur van elke gebou diep deurdag om te verteenwoordig wat ons hoop daardie gebou se skeppingsdoel sal wees. 

Met die hoop om 'n dorpsgevoel te skep, voeg elke gebou 'n unieke dimensie by tot die belewenis wat uniek Mosaïek is...

Wyding - Koos van der Merwe

Vir ons eerste byeenkoms op die Mosaïek-perseel (13 Maart 2004), het Koos van der Merwe (wat as Spiritualiteitsleraar by die gemeente gedien het), die volgende gebed geskryf,

Heer, aan U behoort alle dinge,
ook onsself en alles wat ons besit
Uit u hand het ons ontvang en gegee.
En nou gee ons weer aan U
dit wat waarlik nooit aan ons behoort het nie
maar aan U.

Mag hierdie plek altyd geken word
as u besitting
Ons wy dit aan U
dat U hier mag spreek,
dat U hier mag werk.

Mag ons U hier ontmoet.

Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo.

Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo. (deur Anton Smit)

Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo ... 'n Beeldhouwerk deur Anton Smit wat sy tuiste gevind het in die middel van die Piazza.

Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo. (deur Anton Smit)

Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo.

Mosaïek Gemeente is bevoorreg om die dankbare eienaars te wees van 'n besondere kunswerk wat aan ons geskenk is deur die bekende beeldhouer, Anton Smit, en vriende. Die meesterstuk, wat sy staanplek op die platform in die fontein in die Piazza gevind het, noem hy Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo.

X
Loading