Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo. (Deur Anton Smit)
Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo ... 'n Beeldhouwerk deur Anton Smit wat sy tuiste gevind het in die middel van die Piazza.
Mosaïek Gemeente is bevoorreg om die dankbare eienaars te wees van 'n besondere kunswerk wat aan ons geskenk is deur die bekende beeldhouer, Anton Smit, en vriende. Die meesterstuk, wat sy staanplek op die platform in die fontein in die Piazza gevind het, noem hy Skildfigure - 'n gemeenskap van dié wat glo.