Wanneer die Skrif praat van kerk, gebruik dit metafore soos liggaam en familie. Beide hiervan praat van interafhanklikheid waardeur groei, ondersteuning en funksionering plaasvind. Dikwels gaan ons deur goeie tye, waarin verhoudings vlot verloop, groei plaasvind en alles uitwerk. Maar daar is ook moeiliker tye van konflik en swaarkry. Dit is die liefde wat ons laat aanhou glo en aanhou daaraan werkk.