Silwer Mossie 2013
Skut solank jou vere reg want op
Vrydag 15 November hou ons Silwer Mossie. 'n Aand van teruggee aan almal wat die storie van Mosaïek moontlik maak – 'n aand van dankie sê vir jou tyd, jou donasies, jou opofferings en / of enige ander bydrae wat jy gemaak het. Ons vier die jaar
wat verby is en droom saam oor wat 2014 vir ons as gemeenskap kan inhou. 'n Onvergeetlike vertoning deur
Sircus Synergy is deel van die feesvieringe. Daar sal 'n groot verskeidenheid eetgoed te koop wees vanaf 17:00 en kleurvolle soetgoed word gratis bedien. RSVP voor 10 November by
Silwer Mossie RSVP.