Bokkie van der Westhuyzen is 'n Verhoudingsterapeut (Imago gesertifiseer) en Maatskaplike Werker/Berader by Wholeness@Mosaiek.
Bokkie bied algemene berading aan asook werkswinkels rondom verhoudings, ouerskap en selfgroei vir individue.
Pastorale Sorg bied beradingsdienste aan, wat knelpunte in verhoudings professioneel en gespesialiseerd hanteer.
Hierdie leerervaring is saamgestel vir mense wat diep verwond is na 'n egskeiding, of na 'n lang intieme verhouding. Dit word aangebied oor 7 sessies, een aand per week oor 7 weke.
Oorhoofse doelwit:
Die Voorhuwelikse kursus is 'n leerervaring vir voornemende huweliksmaats wat aangebied word in 5 sessies, een aand per week oor 5 weke.
Dit hanteer onder andere die volgende aspekte:
Saamwees is ‘n praktiese leerervaring en opvoedkundige program vir pare (getroud en ongetroud) wat nie net julle verhouding sal verander nie, maar ook jou denke oor jouself, jou lewensmaat/ maat, jou gesin en jou hele lewe.
Om paartjies te help om...