Onderwerp “Antioch (Jong Volwassenes)”

67 minute vir Mandele: ons pak gelukspakkies

12/07/2012 18:30

Ons droom is om 2000 lucky packets te pak, wat ons dan vir die kinders van Emthonjeni, Zandspruit, gaan uitdeel. Join ons in die Mezzanine!

Indien jy nie die aand kan kom help pak nie en jy wil 'n bydrae lewer, is jy welkom om jou items by die kantoor af te laai gedurende kantoorure!

Scripted: Lank, lank gelede

10/07/2012 18:30
24/07/2012 18:30

Kom journey saam met ons rondom die boek Genesis!

nFuse: Johannesburg Zoo (uitreik)

01/10/2011 09:00

 

nFuse nooi alle jongvolwassenes:

Johannesburg Dieretuin het hulp nodig,  Kom spandeer ‘n Saterdagoggend in die buitelug terwyl ons voerbakke bou, asook speelgoed vir die groter diere.  Ons ontmoet 9:00 by die dieretuin en maak 13:00 klaar.

nFuse uitreik: Forest Farm

03/09/2011 10:30

 

nFuse nooi alle jongvolwassenes saam na Forest Farm tehuis vir serebraal-gestremde volwassenes.  Ons gaan speletjies speel en met hul kuier. Hierdeur sorg ons dat hul nie eensaam is nie, en ondersteun ook die personeel in hul uitdagende taak.  Hierdie uitreik beloof om, soos elke jaar, ‘n roerende ervaring te wees.

nFuse Bring & Braai (social)

22/09/2011 18:30

 

nFuse nooi alle jongvolwassenes:

Bring ‘n vleisie en iets te drinke en kom braai saam op Mosaïek se Piazza. Kuier saam met ander jongvolwassenes, bou vriendskappe en netwerke, deel stories en vind meer uit oor Mosaïek. Brode, smeergoed en slaai word voorsien – maar onthou eetgerei in jou piekniekmandjie. Ons begin 18:30, maar as jy later werk is jy welkom om dan by ons in te val.

X
Loading