Die aankoms van jou nuweling bring groot verandering in jou en jou gesins se dinamika mee. Baie mammas ervaar dat hulle geïsoleer voel in die tydperk, en dat hulle dikwels niemand het waarmee hulle kan identifiseer of kan deel nie.
Materno (die Swangerskap- en Kraam-ondersteuningsgroep) skep ‘n ruimte waar mammas met soortgelyke omstandighede hul ervarings kan deel en van mekaar leer.