Die Mosaïek Galery is ons eie kunsgalery in die spasie van die Teatro se ingangsportaal. Reg deur die jaar is hier verskeie kunsuitstallings te sien. Daar is gereëld werke van ons Visual Poets-span te sien, en ons was reeds in 2011 bevoorreg om werke van Almero Oosthuizen en Ina Pfeiffer (as ons Paasfeeskunstenaar) uit te stal. In 2012 het ons vir Mariaan en Hanlie Kotzé verwelkom as Paasfesskunstenaars.
Hou gerus die spasie dop vir nuus oor toekomstige uitstallings by die Mosaïek Galery.
Vir enige navrae kontak gerus die kurator, Stef van Deventer by stefv@mosaiek.com of 011 268 4733.