Wil jy ‘n verskil maak, maar voel onseker, en weet nie hoe nie? Wil jy ’n sinvolle bydrae lewer? Watter rol speel jou gawes (wat?), passies (waar?) en jou persoonlikheid (hoe?) in hierdie besluit? By UITwaarts, begelei Jeanetta Basson, Johan Beukes en Jacques Bornman ‘n gesprek rondom hierdie beweging, waar jy ’n stap in die rigting kan neem om jou plek te ontdek.
Leerervarings:
Om jou verder te begelei op die beweging bied ons die volgende interaktiewe leerervaringe.
Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel by 011 215 7202 of barettan@mosaiek.com.