Origins

Origins ... Mosaïek se Retreat-sentrum

Vir dekades droom ons reeds daaroor ... om ’n forum te skep vir vernuwing en transformasie: en ons kon ’n besondere ruimte, geleë in die Krip van die Mensdom, bekom.
’n Spasie wat geleenthede skep om te onttrek, ’n pelgrimstog te onderneem en bergtopervarings te beleef. Retreats speel ’n groot rol in mense se geestelike journeys – en daarom word dit oorwegend meer in ons gemeentekultuur ingebou. Ons wil die eeue-oue praktyk van eenkantkom meer deel maak van ons lewensritme. Dit is belangrik om onsself af te sonder, stil te word en op God te wag. Dit is immers wanneer die Bybel ons vertel ons krag sal ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak. Die fasiliteite, wat ons Origins herdoop het, bied ’n deurlopende uitnodiging na die wortels van ons geloof, wat deur Jesus en talle ander geloofshelde versinnebeeld is: afsondering, eenkantkom, stilword, gebed ...

Vir enige navrae oor Origins, kontak gerus vir retreats@mosaiek.com .

Vir die volledige brosjure oor Origins, laai gerus die PDF-dokument hier af.

Kyk hier vir Origins op Google Maps

Laai gerus hier 'n PDF-dokument van die aanwysings na Origins af.

In 'n noodgeval

In 'n noodgeval, skakel gerus Pastorale Sorg-lyn (24 uur per dag): 082 372 6818

Of probeer ons kantore:
Mosaïek: 011 268 4700 of
Wholeness: 011 215 7200

Of rig 'n e-pos aan:
gebed@mosaiek.com of
info@mosaiek.com.

Trevor Hudson - Deeltydse Leraar

Trevor Hudson is al vir langer as 30 jaar betrokke in bediening in 'n Metodiste-konteks. Hy is tans deel van die pastorale span by Northfield Methodist Church in Benoni, en vorm ook deel van die preekspan by Mosaïek op 'n deeltydse basis. Trevor is ook 'n gevestigde skrywer wat verbind is tot die werk en bediening van die plaaslike geloofsgemeenskap. Hy glo sterk dat iets plaaslik moet wees om eg te wees.

Gideons van Suid-Afrika

Gideons van Suid Afrika

Gideons Internasionaal bestaan al meer as 100 jaar en is aktief in 182 lande. In Suid -Afrika word Bybels voorsien aan hoofsaaklik gastehuise, hotelle, hospitale en mediese praktyke, die polisie en brandweerdienste en gevangenisse, studente en aan alle graad 8-leerlinge waar moontlik. Die fondse daarvoor kom uit hulle eie sakke, goedgesinde kerke en sakemense, en mede-gelowiges wat geroepe voel om finansieel by te dra.


Jy kan die Gideons ondersteun deur:

X
Loading