Artist Showcase

Jou gawes, jou talente – ja jou uniekheid kan 'n groot rol speel in mense se lewens. By die Inspirerende  Kunste wil ons jou begelei in jou journey om daardie spesifieke plek te vind. In Februarie hou ons ons eerste Artist Showcase waar ons kunstenaars in die wye speltrum van die kunste wil ontmoet.

Bring vir ons jou 90 sekonde video op 'n CD of DVD – ons sien uit om jou met jou Showcase inskrywing te beleef! Inskrywings open 12 Januarie en sluit 05 Februarie. Navrae kan gerig word aan artistshowcase@mosaiek.com

Villa DivRonJa

Villa DivRonJa Reeks 1


Episode 1



Episode 2



Episode 3


Haweloos - Die Musical

In 2010 se ‘Haweloos – Die musical’, wat draai rondom die vraag “Wat is huis/tuiste?” kuier ons op St. Helenabaai in die 1830’s.

Haweloos spog onder meer met Mandi Baard, wat die rol van Lara in Egoli vertolk het; Nadia Beukes, wat reeds verskeie programme op KykNet aangebied het en vir vier jaar deel was van die a capella groep, Cutt Glass; Reuben Louw, beter bekend as die sanger Jodan, wat al drie albums vrygestel het; die skrywer, akteur en vervaardiger, Morné du Toit; en Ferdi Gernandt wat reeds in verskeie teaterproduksies soos Chicago en We Will Rock You te sien was, in onder meer Suid-Afrika, Amerika, Engeland en Kanada.

As dit musical tyd is ...

Gewoonlik elke jaar teen Mei-maand begin dit gons binne die kuns-spanne van Mosaïek ... want dan begin daar voorbereidings getref word vir die jaarlikse musical.

X
Loading