Begin 'n nuwe groep

Begin 'n nuwe groep

Deur ons Turbo-kleingroep proses, stig ons totaal nuwe groepe na ‘n 3 weke proses. Die proses, wat by Mosaiek plaasvind, ontdek ons saam hoe ’n lewe in community met ander lyk, en stel ons die belangstellendes aan mekaar voor. Groepe kom organies tot stand – waar jy die geleentheid kry om self te kies saam wie jy in ’n groep wil wees. Dit is dus baie belangrik om elke Donderdagaand by te woon, sodat groepkohesie kan plaasvind. Baie persone verkies hierdie proses, omdat jy van die begin saam skep hoe julle byeenkomste gaan lyk en funksioneer.

Die volgende Turbo-proses vir 2011 vind plaas op Donderdagaand 29 September 2011 van 19:00 tot 20:00 in Viaticus 101, sowel as die opeenvolgende twee Donderdae (6de & 13de Oktober). 

Gebruik gerus die onderstaande vorm (Registreer vir Turbo Kleingroepe) om hiervoor te registreer.

X
Loading