Berading
By Mosaïek glo ons dat jou geestelike, emosionele en fisiese welstand welversorgd en in balans moet wees ten einde optimaal te kan funksioneer.
Daarom lewer Pastorale Sorg beradingsdienste as deel van hierdie holistiese benadering. Ons fokus is om mense te help tot restourasie en transformasie sodat hulle weer hulle lewens ten volle kan geniet.
Beradings sluit in pastorale berading sowel as maatskaplike berading. A
Indien daar emosionele of fisiese behoeftes is, sal die Pastorale Berader die persoon verwys na die sielkundiges of mediese dokters binne die Wholeness sentrum.
Vir navrae of afsprake kontak Kinny Sinden-Combrinck by 011 215 7207 of kinnys@mosaiek.com.