Events

Sondag October 23, 2011
Start: 23/10/2011 08:30
End: 23/10/2011 20:00
Start: 23/10/2011 09:30

Enige iemand wat aan diabetes ly of dink hulle het moontlik diabetes / insulien weerstandigheid / pre-diabetes / lae bloedsuiker kan Sondag 23/10/11 na die oggend dienste hulle bloedsuiker laat toets by die Wholeness sentrum. Kom vind ook sommer meer uit rondom ons Ondersteuningsgroep vir Diabete. 

Dinsdag October 25, 2011
Start: 25/10/2011 19:00

Hierdie ondersteuningsgroep by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is gerig op individue wat die gevaar loop om diabetes te ontwikkel, persone wat reeds gediagnoseer is met diabetes, of persone wat saam met 'n diabeet leef.  Cornelia Laubscher is die fassiliteerder van hierdie groep.

  

Die volgende onderwerpe sal op ‘n maandelikse basis aangespreek word by die ondersteunings groep vir Diabete en hulle families:

 

Start: 25/10/2011 19:00

Die verliesondersteuningsgroep vergader een maal per maand om ondersteuning te bied aan persone wat deur 'n proses van persoonlike verlies gegaan het, of tans nog gaan.  Die groep word gefassiliteer deur Anneke Bijkersma.  Alle navrae kan gerig word aan Anneke by annneke.bijkersma@gmail.com

Saterdag October 29, 2011
Start: 29/10/2011 07:00
End: 29/10/2011 09:30

Maximus (Mosaïek se Mannebediening) bied 'n manne-ontbyt aan by die Roodepoort Country Club. Die spreker, Adriaan Vlok, gaan sy hart kom deel oor vergifnis.

Datum: Saterdag 29 Oktober 2011

Koste: Gratis (Donasies sal opgeneem word).

RSVP: Maandag 24 Oktober 2011 (sodat ons vir jou kan voorberei).

Vir enige navrae of om hiervoor te registreer, kontak gerus vir Pieter van der Walt by bathrooms@tiscali.co.za of 082 820 1519.

Dinsdag November 01, 2011
Woensdag November 02, 2011
Start: 02/11/2011 19:00

Depressie en Angs ondersteuningsgroep

Die ondersteuningsgroep word die eerste Woensdag van die maand gehou in die Genesis gebou by Mosaiek (Fairland). 

Die eerste bymekaarkom vind plaas op Woensdag 17 Maart 2010 en daarna die eerste Woensdag van die maand.

Sondag November 06, 2011
Start: 06/11/2011 09:30
End: 06/11/2011 10:15

 

Saterdag November 12, 2011
Start: 12/11/2011 07:00

WINDY BROW STAP

Plek | Windy Brow, Cullinan

Datum | Saterdag, 12 November 2011

Tyd | 07:00am vir 07:30am

Kostes p/person | R70 per persoon

RSVP | Woensdag, 9 November 2011 met bewys van betaling: Stapklub@Mosaiek.com

 

Start: 12/11/2011 10:00

Kom gesels saam met ons oor die belangrike aspekte rondom die bestuur van Diabetes.

Datum: 12 November 2011

Tyd:  10:00 – 13:00

Plek: Wholeness sentrum/lokaal moet nog bevestig word.

Koste: R60 per persoon (verversings ingesluit)

Registreer asb by die idesk of vir meer besonderhede skakel asb vir Cornelia Laubscher by 0824444698 of cornelia.laubscher@yahoo.com

Start: 12/11/2011 14:30

Enkelinge 40+ se Jaareindfunksie (Bring & Braai)

Datum: Saterdag 12 November 2011

Tyd: Vanaf 14:30

Waar: Café Familia by Mosaiek

Toegang: Hoed met ’n storie en jou gunsteling CD.

Bring asseblief jou eie vleis, broodjie/slaai, drinkgoed en eetgerei.

 

RSVP asb teen Woensdag 9 November 2011 by:

Meisie Victor: 082 454 7029; of

Charlotte Taljaard: 082 651 3949 (charlotte@trustee.co.za); of

X
Loading