| Sat | ||
|---|---|---|
Deur ons Turbo-kleingroep proses, stig ons totaal nuwe groepe na ‘n 3 weke proses. Die proses, wat by Mosaiek plaasvind, ontdek ons saam hoe ’n lewe in community met ander lyk, en stel ons die belangstellendes aan mekaar voor. Groepe kom organies tot stand – waar jy die geleentheid kry om self te kies saam wie jy in ’n groep wil wees. Dit is dus baie belangrik om elke Donderdagaand by te woon, sodat groepkohesie kan plaasvind. Start: 01/10/2011 06:00
Die Mosaiek Fietsrygroep gaan komende Saterdag weer so tussen 15 en 30km ry en vertrek vanaf Riverstone Lodge (Stone Cradle) in Mulderdrift. Daar sal ’n Mosaiek banner sigbaar wees. Tyd: 6:00 vir 6:30. Enige navrae, kontak gerus vir Johann Knoetze by johann.knoetze@gmail.com of 071 572 8300. Start: 01/10/2011 09:00
nFuse nooi alle jongvolwassenes: Johannesburg Dieretuin het hulp nodig, Kom spandeer ‘n Saterdagoggend in die buitelug terwyl ons voerbakke bou, asook speelgoed vir die groter diere. Ons ontmoet 9:00 by die dieretuin en maak 13:00 klaar. | ||