| Dins | ||
|---|---|---|
Lydenstyd 2010 Aswoensdag, 17 Februarie 2010 People Project Elke jaar gedurende Lydenstyd word ons op ‘n baie besondere manier herinner aan Jesus wat sy lewe as ‘n offer aan die kruis kom gee het. Ons dink aan wat dit Hom gekos het om ‘n mens te word en as ‘n dienskneg na ons te kom. Ons dink aan sy verwerping, hoe Hy bespot en vervolg is en hoe Hy uiteindelik tereggestel is. En ons onthou: dit was ‘n lydensweg... en dit het Hom nie net iets gekos nie, dit het Hom sy lewe gekos om ons te verlos. Start: 09/03/2010 19:00
End: 09/03/2010 20:30
Ons by Feminae fokus hierdie jaar met al ons onderwerpe rondom die tema "Bruilof". Ons moet gereed maak, want ons Bruidegom is oppad. Wanneer jy met jou eggenote in die eg verbind word leerken jy vooraf sy familie en hoor jy van hul tradisies en gewoontes. Jesus ons Messias, het gekom eers as mens, sodat ons die lewe kan beërwe en daarom vier en herdenk ons die Pase. | ||