| Dins | ||
|---|---|---|
'n Opwindende inisiatief deur ons Nuwe Generasie nooi jou uit om deel te vorm van 'n 10-week uitdaging om te groei in jou verhouding met die Here, te ontwikkel in jou verhoudings met hulle met wie jy die lewe diep deel en te groei in jou bewustheid vanjou eie skeppingsdoel om 'n verskil in die wereld te maak.
Start: 02/02/2010 19:00
End: 02/02/2010 21:00
Ons ondersteuningsgroep vir ouers by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is goed op dreef en vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die Genesis gebou. Fassiliteerders Amanda du Toit (Maatskaplike Werker en Psigometris), Zelda Coetsee (Life Coach) en Jacqui Steenkamp (Projekbestuurder) behartig om die beurt die groep. Kontak Pikkie by 011 215 7209 of op pikkieh@mosaiek.com vir verdere inligting. Almal is welkom by die groep en daar is geen kostes aan verbonde nie. | ||