Artikels

Hoekom Kerk?

2 Korintiërs 4 vanaf vers 5:

Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus se ontwil, want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn, dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus, maar ons het hierdie skat in erdekruike sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees, en nie uit ons nie.  Dit is die woord van die Here.

Spasie

Dit het in 'n tuin begin. En saans teen skemer het die ontmoetings plaasgevind. Daarna is offers van eerste opbrengste gebring. Na 'n sondevloed, 'n altaar met brandoffers. 'n Droom het 'n klippilaar-ontmoeting na 'n huis van God laat vernoem. Daar was 'n ark wat in 'n pelgrimstent, wat as tabernakel bekend gestaan het, geswerf het. Om ontmoetings toeganklik te maak op jarelange reis. Later 'n tempel in 'n hoofstad. Daar was musikante in grotte, profete op berge, leiers onder bome en mismoediges langs fonteine.

Kerk en Kultuur

Ons dink dat die kerk met baie wysheid met die kulture van die wêreld waarin ons leef, moet omgaan. Baie van die gebruike, stories en simbole in kulture het as oer-oorsprong 'n vermenging van godsdienstige en ander sosiale idees. Dit sou baie moeilik wees om al hierdie tradisies en idees uit die wêreld uit te kry.

Ons Herstelproses

Gebrokenheid is deel van menswees – alle mense; leiers ook. Alhoewel ons 'n groter mate van volwassenheid en heelheid van leiers verwag, struikel en val leiers ook. Wat staan ons dan te doen? As ouderlinge het ons ná studie, gebed en gesprekke besluit op 'n herstelproses. Ons hou nie van die woord tug nie, omdat die eerste assosiasie met die woord straf inhou. Ons dink en voel dat gevalle soldate nie geskiet moet word nie, maar gehelp moet word.

'n Lewe van Kontemplasie

‘n Paar gedagtes gedeel met leierskap

The Gospel is the core of Christian living. It has within it a contemplative dimension. This dimension is God’s invitation to every human being, through Jesus Christ, to share God’s very nature. It begins as a way of listening with ears, eyes and heart. It grows as a desire to know God and to enter into God’s love. This is made possible by a dying to the self that becomes an emptying to God and experience of God’s love.

'n Teologie oor geboue

Ons is oortuig dat doelmatige geboue vir die samekoms van die gemeente, in God se plan vir ons is, om die gemeente en ons omgewing effektief te bedien. Die Bybel, Ou en Nuwe Testament, maak op 'n besondere manier melding van die plekke waar God met mense ontmoet het. Vanuit hierdie deurlopende tema in die Bybel kry ons 'n aanduiding van die belangrikheid van geboue en kan ons as't ware 'n teologie oor geboue vorm.

Redes vir 'n groot gemeente

Redes vir 'n groot gemeente

  1. 'n Groot gemeente is skriftuurlik
    Die eerste gemeente het begin met 3000 lidmate (Hand 2:41).  Die gemeente het gegroei totdat daar omtrent 5000 families was (Hand 4:4).  Ons gemeente was in 1991 ± 150 lidmate.  Ons het sedert daardie tyd bly groei en is vandag ± 3500 lidmate.
     
  2. Ons glo in groei

Mosaïek se posisionering in die breë kerkgemeenskap

Historiese aanloop

Mosaïek vind sy wortels in AGS Randburg, 'n gemeente met ongeveer 100 lidmate in 1990 met 'n tipiese pinkster liturgie en bedienings­filosofie in die herder-kudde model. Sedert­dien het die bedieningsfilosofie en liturgie verander en die fokus het verskuif om die behoeftes eie aan die mense van die omgewing aan te spreek. Die effek was 'n liturgie en bedieningstyl wat nie as tipies AGS beskryf kon word nie.

Motivering vir Mosaïek se huidige posisio­nering in die breë kerk

Ons het twee dinge waargeneem:

X
Loading